Die tyd om te bak is sommer nóú nóú! Koekedoor is terug en hierdie keer draai hulle nie vatdoekies om nie. Koekedoor Een was vir my ‘n meditasie in pastelskakerings met sagte skadus wat deur meelwolkies filter, ‘n spel van soet en sout wat hom nooit verstout het nie. Tot die saggeaarde en perfeksionistiese Martjie Malan die f-bom sommer drie keer in ‘n ry gedrop het. Maar bak kán dit mos aan ‘n mens doen.
Ek was onlangs bevoorreg om die eerste 90-minute episode van Koekedoor Twee saam met beoordelaars tannie Elizabeth, Tiaan Langenegger en Mari-Louis Guy te kyk terwyl ons aan soet- en southappies uit die einste episode gesmul het.
En glo my, hierdie is ‘n Koekedoor van ‘n ander kleur. Die Barbie-pienk en Sound of Music saligheid van die eerste reeks het ‘n gravitas bygekry wat jou laat regop sit. Koekedoor Twee se intro is so belaai met hartsnaarbeelde en dramatiese musiek, ek het skoon tranerig geraak. Goeie hel, dog ek, dis soos een van daai epiese, opswepende bankadvertensies. Of het ek straks PMS, moes ek myself vra. Any which way, dames, moenie julle pêrels stukkend druk nie! » Read the rest of this entry «