April 12th, 2016 § § permalink
Die tyd om te bak is sommer nóú nóú! Koekedoor is terug en hierdie keer draai hulle nie vatdoekies om nie. Koekedoor Een was vir my ‘n meditasie in pastelskakerings met sagte skadus wat deur meelwolkies filter, ‘n spel van soet en sout wat hom nooit verstout het nie. Tot die saggeaarde en perfeksionistiese Martjie Malan die f-bom sommer drie keer in ‘n ry gedrop het. Maar bak kán dit mos aan ‘n mens doen.
Ek was onlangs bevoorreg om die eerste 90-minute episode van Koekedoor Twee saam met beoordelaars tannie Elizabeth, Tiaan Langenegger en Mari-Louis Guy te kyk terwyl ons aan soet- en southappies uit die einste episode gesmul het.
So reg uit Riaan Cruywagen se kinderdae uit…
En glo my, hierdie is ‘n Koekedoor van ‘n ander kleur. Die Barbie-pienk en Sound of Music saligheid van die eerste reeks het ‘n gravitas bygekry wat jou laat regop sit. Koekedoor Twee se intro is so belaai met hartsnaarbeelde en dramatiese musiek, ek het skoon tranerig geraak. Goeie hel, dog ek, dis soos een van daai epiese, opswepende bankadvertensies. Of het ek straks PMS, moes ek myself vra. Any which way, dames, moenie julle pêrels stukkend druk nie! » Read the rest of this entry «
October 21st, 2014 § § permalink
Dit was nie altyd so nie. Toe ek drie jaar gelede na Spanje getrek het was ek nie ‘n great bakker nie, maar bakpoeier het my ook nie bang gemaak nie. Na ‘n paar jaar van ingesonke, half-gebrande of rou brousels is ek omtrent bakverskrik en koekbedroef. Was dit die Spaanse meel, die humiditeit van die Baskland, die tien huise in drie jaar, elk met sy eie nukkerige oond en eklektiese versameling kombuistoebehore? Wat maak dit saak. Ek is nie verniet terug in Suid-Afrika nie. Ek het meetkoppie in die hand gaan aanklop by ‘n Groot Koekedoor. The one, the only…
THE CAKENATOR
Dis reg maats. Ons eie Mari-Louis Guy, een helfde van die sexy Cakebread duo wat wonderlike bak- en kookboeke uit ooze terwyl hulle pragblaaie vol bros en sappige kos stileer, blogs skryf, advertensies skiet, kinders grootmaak, vriende vermaak en general coolness uitstraal. Het ek genoem sy’s een van drie beoordelaars wat volgende jaar op KykNet se Koekedoor haar pad deur honderde koeke gaan proe om SA se bobaas bakker aan te wys? Einste. As iemand my flenters ego kan red, is dit sy. » Read the rest of this entry «