Danksy Herman Lensing weet ek ook nou. Ten spyte van die erge droogte, hang die laaste trosse van die oes swaarder as ooit tevore. Wyndruiwe is klein met dik doppe en ouskool pitte, maar word soeter gepluk as tafeldruiwe. So toe ek vandag verby die laaste kratte van hierdie oesjaar stap, gryp ek ‘n paar trosse Cabernet Sauvignon* om Herman se plat druifbrood van ‘n onlangse Inspirasiekos met Sarie-program na te maak.
Makliker kan dit nie. ‘n Sakkie klaargemaakte deeg by jou plaaslike supermark se bakkery en die res is at your own discretion. Herman se weergawe het bloukaas, heuning, sout, peper en uitvoergehalte pitlose druiwe bevat. Ek het sy raad gevolg en ‘n bakplaat vrot van die olyfolie gegooi, die deeg dun uitgerek en toe met vingerpunte vol dimpels gedruk. My topping het bestaan uit: » Read the rest of this entry «